ELB EQUIPMENT WYS TAWWE TOERUSTING BY NAMPO
Monday, July 16, 2018 11:57 AM
Taai toerusting wat die boer getrou dien en aan streng veiligheid-vereistes voldoen – dit is wat ELB Equip-ment verskaf. Hulle landbou-, grondverskuiwing-, myn-, konstruksie-, en padboumasjiene kom uit net die beste fa- brieke reg oor die wêreld om net die beste diens te lewer. Naverkoopdiens en onderdelevoorsiening is deel van hulle diens aan die boer.ELB se mense glo daaraan om boere se behoeftes te bevredig deur vir hulle spesialisoplossings te verskaf wat die boer se winsgewendheid sal verhoog.

Die masjien se bak is so ontwerp dat dit met elke skep propvol gemaak word, wat produktiwiteit verhoog. Hy het ’n Power-A-TACH-hidrouliese aanhegsel en ’n glystuur- koppelvlak om van die aanhegsels wat jy reeds besit, te gebruik. Die masjien is baie gemaklik en het ’n sewe- rigting verstelbare sitplek, multifunksie-beheerarm, ten volle verstelbare stuurkolom en ’n bekerhouer. ’n Lae, gladvrye trappie maak dit vir die operateur maklik om in en uit te klim. Knakstuur verseker ’n klein draaisirkel wat tyd bespaar en beweeglikheid in klein ruimtes moontlik maak. Die kruippedaal beheer die spoed presies om akkuraatheid te verseker.
ELB se Evoquip Bison 120 is ‘n gedugte, maar kom- pakte mobiele klipbreker wat tot 80 ton materiaal per uur kan verwerk.